Bronbergse begraafplasies nou sigbaar PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 22 June 2009 15:48
Untitled Document

Min dinge is meer hartseer as die verslete grafstene wat skaars bo die bossies uitsteek in ons kontrei se vergete plaasbegraafplasies. Gelukkig is ’n projek nou aan die gang gesit wat inligting oor en foto’s van plaasbegraafplasies behoue laat bly.


Die oudste graf in Boschkop 369 (1) is dié van Daniël Johannes Terblanche

Die 1919 graf van Zacharia G Jones is die oudste graf in Boschkop 369 (2)

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) hou ’n elektroniese databasis van grafte. As deel van dié projek kan jy op die Internet met ‘Google Earth’ die begraafplasies in die Bronberg-gebied bekyk. Bygaande foto wys hoe jy oor ons hele kontrei kan ‘vlieg’ om te sien hoeveel begraafplaas merkers op GGSA se ‘Google Earth’ kaart aangedui is.

Boschkop
As jy op een van dié merkers klik, soos op een van die drie Boschkop begraafplasies, kry jy die volgende inligting: Die naam van die plaas, distrik, provinsie en aanwysings hoe om daar uit te kom. Jy kan ook sien hoeveel name op die grafstene in die begraafplaas is en die GPS koördinate van die plek kry.

Op sommige merkers is daar ’n direkte skakel na ’n foto album van dié spesifieke plaasbegraafplasie by GGSA se webtuiste. Daar kry jy ’n rowwe padkaart van die gebied, foto’s van die afdraaipad na die begraafplasie, ’n algemene foto wat die hele begraafplasie wys en foto’s van elke grafsteen.



Dié begraafplaas is aangedui as Boschkop 369 (1) op die kaart. Grafte strek van 1922 tot 1975 met vanne soos Paulsen, Potgieter, Terblanche, Viljoen en Wolmarans
Foto’s: eGGSA

In die Bronberg-gebied het ons oor die plaasbegraafplasies in Boschkop gaan ‘vlieg’. Drie begraafplasies word aangedui op GGSA se ‘Google Earth’ kaart, maar net twee van hulle het ’n skakel na foto albums op GGSA se webwerf.

By die begraafplaas aangedui as Boschkop 369 (1) op die kaart, strek grafte van 1922 tot 1975. Die vanne wat op die grafstene verskyn sluit Paulsen, Potgieter, Terblanche, Viljoen en Wolmarans in.By die begraafplaas aangedui as Boschkop 369 (2) op die kaart, strek grafte van 1911 tot 1997 met vanne soos Grobler, Jones, Joubert, Liebenberg, Janse van Rensburg en Smit.


Dié begraafplaas is aangedui as Boschkop 369 (2) op die kaart. Grafte
strek van 1911 tot 1997 met vanne soos Grobler, Jones, Joubert,
Liebenberg, Janse van Rensburg en Smit

Projek
Dit is al jare lank wat vrywilligers GPS koördinate van begraafplasies dwarsoor ons land, aanteken vir die begraafplaasprojek. Dié inligting is saamgestel vir jaarlikse DVD publikasie deur Peter en Beverley Moss. Hul seuns Stewart en Adrian, wat hul kinderdae in karre in die bakkende son by begraafplase vir hul ouers moes sit en wag, het besluit om dinge vir ander mense makliker te maak .


Die kaart wat twee Boschkop begraafplase aandui

Stewart het die idee gekry om ‘Google Earth’ in te span en hy het die sagteware ontwikkel sodat ‘Google Earth’ die begraafplaas indeks-data kan lees en vertoon. Adrian het die webblad, www.gensa.info, ontwerp en aan die gang gesit.

As jy deel wil word van dié projek en ’n begraafplasie op jou grond wil aanteken, kan jy praat met Johan Viktor van die Pretoria-gebaseerde tak van GGSA. Stuur vir Johan ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 082-856-0942.


So word die plaasbegraafplasies in ons kontrei op ?Google Earth? aangedui

 

 

© 2019 Die/The Bronberger