Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 25 June 2019 09:26
Untitled Document


Die sesde jaarlikse Jolly July liefdadigheidsfunksie word op 30 Junie by Casablanca Manor op Donkerhoek gehou. Vanjaar se begunstigdes is Tshwane Haven, ‘n plek van veiligheid vir kinders met mediese probleme. Daar is ‘n pretdraf van 8 km, 13 km en 21 km, ‘n vlooimark, potjiekoskompetisie, speletjies, volop te ete en drinke en musiek-optredes. Skakel 012-940-8184 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

~*~


Die Vlakvarkfees is van 5 tot 7 Julie by Aquizi Lodge buite Cullinan. Kunstenaars, van Karlien Husselman, Marulaboom en Tussen Sterre tot Samantha Leonard en Charné Grabie gaan op drie verhoë optree en daar is ’n Bosatrium met toneelstukke deur Lizz Meiring, Michelle Botha, Willie Strauss, Cobus Venter en Rudolph Basson. Daar gaan modelkompetisies en vermaak vir oud en jonk wees asook biertuine en ‘n biltong-en-brandewyntent. Sanger Jaycee Crause staan aan die stuur van die vlakvarkpotjie-kompetisie, waar pryse, soos ’n R2 000 kontantprys, gewen kan word. Meer as 100 vlooimarkkraampies bied tuisgemaakte produkte, kos, pannekoek, lekkergoed, tertjies en vars produkte. Die Vlakvarkfees word saam met Caring Daisies gereël en van die feesfondse gaan aan behoeftiges. Kaartjies is by iTickets.co.za.

~*~


Friends of Faerie Glen Nature Reserve has arranged a geology walk with prof Adam Bumby on Saturday 27 July at 10 am. Meet on the lawn in front of the entrance building and take along a hat, comfortable shoes, water and fold-up chair. The cost is R50 for non-members. For more information, phone Louise Kritzinger at 072-275-0614 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Bobby van Jaarsveld tree op 28 Junie vanaf 7 nm op by Weiveld in Zwavelpoort. Kaartjies kos R80 en geen onder 18’s word toegelaat nie. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad. Skakel 071-471-6698.

~*~


The Patches Car Boot Sale is on 30 June from 9 am to 1 pm. This market will be held the last Saturday of every month on plot 30, Struben Street, Shere. There is a tea garden, food stalls, arts and crafts, vintage and many interpretations of Boot-ique. Car booters can book their space for R50. Contact Pietro at 082-874-8679 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 29 Junie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


How does policy and legislation impact the community you live in? Join Cullinan Conservancy for an informative learning session with Noeleen Greyling who will tell you what you need to know about the Nema Act on 20 July. Registration starts at 8.30 am. Non-members pay R150, which includes brunch and lecture notes. RSVP by 10 July at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 082-681-5122.

~*~


Bars ‘n ballon en wen ‘n prys by die Maskerfees wat op 17 Julie by Cullinan Junction, Hotelstraat 4, Cullinan gehou word. Jy moet ‘n masker dra om deel te neem. Vir meer inligting, bel Lize van The Sixth Goblet: 079-963-9349. ‘n Nuwe varsproduktemark het ook op 1 Junie by Cullinan Junction begin. Dié mark word op Saterdae en Sondae gehou. Bel die organiseerder, Angela Bruce, by 081-584-3843.

~*~


Jack Parow tree op 6 Julie vanaf 9 nm op by Presleys. Toegang is R80 as jy by ‘n kontantkroeg wil koop en R180 met ‘n gratis kroeg. Presleys is in Ernies Place 2, Die Wilgers. Skakel 012-807-0690.

~*~


The Eventualist and Parkview Tasting Festival is on 29 June from 11 am to 7 pm at Parkview Mall on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreleta Park. The festival introduces wine by explaining which type of wine is suitable for which occasion and the food type that works with specific wines. The tasting festival will also showcase local foods and entertainment. Tickets cost R100. Phone them at 012-992-6103.

~*~


Mathys en Dana se ‘Lag van die huil’ word op 30 Junie om 4 nm by Atterbury-teater opgevoer. Dié splinternuwe produksie met musiek en woord neem jou saam op ‘n bittersoet storiereis wat jou soms sal laat lag en soms verdrietig sal maak. Nes die lewe maar is. Kaartjies kos R160 tot R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942- 5951.

~*~


The Montoya Spanish Dance Theatre show and dinner is on 11 July from 8 pm at Lagom Café and Theatre Bistro, 141 Lynnwood Road, Willows. Tickets cost R295. Phone them at 083-281-7284.

~*~


Wilha Carstens en Faraway George hou op 5 Julie van 7 nm tot 11 nm die heel eerste Aandeteklub by Monte de Dios in Achillesweg 106, Zwavelpoort. Toegang is R100 en dit kos R280 vir ‘n driegang maaltyd. Wilha Carstens, die singende kroegman, en Faraway George, die verhoognaam van musikant Heinrich George Günter, was altwee deelnemers aan die sangkompetisie ‘Die Kontrak’. Skakel 087-654-4457.

~*~


Barry Hilton is at the Rockwood Theatre on 12 July at 8 pm. With a track record of 30 years in comedy, Barry has raised the world’s laughter level considerably. His face is as funny as his repartee, with lugubrious looks tailor-made for mirth. Tickets cost R150. The theatre is in Garstfontein Road, Moreleta Park. Phone them at 012-368-1555.

~*~


Masimini Adventures hou op 29 Junie ‘n staptog by die 130 hektaar grootte Hedianga Farms, Achillesweg, Olympus. Die dag begin om 7 vm en stappers kan vanaf 7.30 vm ‘n 10 km en 15 km staproete teen die Bronberg doen. Dit kos R350 om deel te neem en die prys sluit verversings en ‘n braaivleis-middagete in. Skakel 061-445-6172.

 

© 2019 Die/The Bronberger