Werkers knoei glo met nuwe watermeters PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 19 August 2019 18:34
Untitled Document

Inwoners van Rayton ly ook kwaai skade met die nuwe watermeters wat verkeerd ingesit word en kiloliters water mors.

In Die Bronberger se Julie-uitgawe het ons berig dat Cullinan-inwoners die josie in is oor nuwe watermeters wat lek en weghol waterlesings aandui. Die watermeters wat vervang word, is knap ‘n paar jaar gelede in dié dorp ingesit en het glo geen probleme gegee nie.


Só het die water in Suidstraat begin opdam ná werkers ‘n waterpyp oopgekap het
Foto’s: Loraine Brown

Klagtes op die dorp se openbare munisipale Telegram-groep is legio. Die eerste vraag is hoekom dié nuwe watermeters ingesit word. Inwoners sê dit lyk na ‘n taktiek om belastingbetalers se geld te mors. Sommige meters wat vervang word, was maar drie maande oud.


Die water stroom die Browns se erf in

Rayton se watermeters het volgende aan die beurt gekom en Loraine Brown van Suidstraat is een van vele inwoners wat oor die kontrakteurs se diens kla. Sy sê dat hulle straat se watermeters op
18 Julie vervang is.

“By ons erf is ’n pyp stukkend gekap en het die munisipale werkers dit net so gelos en geloop. Alle toerusting, waaronder ’n pik, is net so op die sypaadjie gelos,” sê Loraine.


Die gat vol water waar die nuwe meter geïnstalleer moes word

“Twee ure daarna – nadat oral gebel is en die klagte op die Munisipale Telegram groep geplaas is – het daar weer werkers opgedaag om te kom werk.”

Loraine het foto’s geneem om te wys hoe die water by hulle erf ingeloop het. Sy het vertel dat die gat die volgende dag steeds vol water was. 


Die werkers het alle toerusting net so op die sypaadjie gelos

“Dit laat ’n mens net wonder wie vir al daardie water gaan betaal,” sê Loraine.

Inwoners word aangeraai om eerder ‘n waterlekkasie by die munisipaliteit te rapporteer en nie foutiewe meters nie. Waterprobleme kan aangemeld word by 012-358-9999.

 

© 2019 Die/The Bronberger