Sangeres speel ‘kellies en kroeks’ in ons kontrei PDF Print E-mail
News - Artikels
Monday, 19 August 2019 18:49
Untitled Document

Sangeres Caroline Grace se nuwe musiekvideo is in ons kontrei opgeneem.  ‘Voor jou’, een van die snitte op haar debuut-album, ‘Eindelose Liefde’, is by Diamond X Cowboy Ranch geskiet en vertel die verhaal van ‘n cowboy-paartjie, met ‘n bees- en perdeboerdery, wat deur boewe oorval word.


André Lotter, bekend as Rickus in ‘7de Laan’, by een van die perde op die cowboy-plaas
Foto: Skermgreep van video

Caroline Grace en André Lotter as die cowboy-paartjie op Diamond X Cowboy Ranch
Foto: Skermgreep van video

Diamond X Cowboy Ranch anderkant Rayton het die regte-egte ‘kellies en kroeks’ atmosfeer as agtergrond vir die aksie gebied. Die video, vervaardig deur Gerhard van Rooyen, is in Julie vrygestel.


Sangeres Caroline Grace en akteur André Lotter
Foto: Skermgreep van video

Caroline se man word gespeel deur akteur André Lotter, bekend as Rickus Welman/Kingsley in die sepie, ‘7de Laan’. In die video val die groepie boewe Caroline aan terwyl haar man met die perde besig is. Sy raak een-vir-een van die skelms, gespeel deur Eduan du Preez, Anthony Whitcomb, Zanri Sadie en Edward Dupper, ontslae sodat sy haar man en die plaas kan red.


Akteur Andre Lotter, middel, saam met twee van die skelms
Foto: picbear


Caroline Grace
Foto: picbear
.

Caroline sê dat die boodskap in dié video is dat sy nie wag vir ‘n ridder op ‘n wit perd om haar te red nie, omdat liefde jou dapper genoeg maak om berge te versit om jou geliefde te beskerm.


Manlief hardloop nader
Foto: Skermgreep van video

Sy sê dat sy nie ‘n feminis is nie, maar hou van ‘n sterk vrou wat haar waarde kan raaksien en daarvolgens kan leef. Caroline het ‘n LLB-graad verwerf en het al die verhoog met groot kunstenaars soos Jannie Moolman, Valiant Swart en Jak de Priester gedeel. Sy noem haar deelname aan ‘The Voice SA 2017’ as een van die hoogtepunte van haar loopbaan.

 

© 2019 Die/The Bronberger