Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 18 July 2009 00:43
Untitled Document

Kobus du Toit van Equestria uitbr. 79 skryf:
In die lig van soveel misdade wat plaasvind binne die Bronbergbedieningsgebied, is dit nie moontlik om ’n kaart van die gebied, wat die verantwoordelike polisiestasies en hulle kontakbesonderhede aantoon, in Die Bronberger te publiseer nie?

Met inbrake wat ons in Kannaland, Equestria uitbreiding 79, aangrensend tussen Hans Strijdomrylaan en Lynnwoodweg, ervaar het was dit ’n Babelse verwarring om die verantwoordelike polisiestasie te vind en het die polisie in alle geval die volgende dag eers opgedaag.

Ons het die verskillende polisiestasies versoek om vir ons kaarte van hul bedieningsgebiede te laat kry, maar het teen ons sperdatum nog geen reaksie van hulle ontvang nie.-Red

 

© 2020 Die/The Bronberger