Stoomtreine nou deel van internasionale trust PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 September 2019 07:49
Untitled Document

Wonder Steam Trains het in Augustus aangekondig dat hulle met MeMysons International Steam Locomotive Preservation Trust (MISLPT) saamgesmelt het.

In Junie het ons berig dat die stoomtrein na Cullinan staan omdat die veiligheidspermitte aan die einde van 2018 verval het. ‘n Woordvoerder vir dié organisasie het gesê dat kaartjieverkope vir stoomtreinritte in 2019 tydelik gestaak is omdat die organisasie vir TransNet wag om hulle veiligheidspermitte te hernu.

Friends of the Rail (FOTR), die organisasie wat vir jare lank onder andere die Diamond Express stoomtreinritte na Cullinan onderneem het, is deur Wonder Steam Trains oorgeneem. Dié organisasie bestaan meestal uit dieselfde vrywilligers wat vir FOTR gewerk het en gebruik ook dieselfde treine en stasie by Hermanstad.


Les Labuschagne by een van die stoomlokomotiewe

Wonder Steam Trains is nou ‘n deel van die MISLPT groep spoorwegondernemings, wat ook ‘n bekroonde restaurant-trein, die Australiese The Q Train, insluit.

Besturende direkteur en trustee, Michael Barclay, en die nuut aangestelde algemene bestuurder, Les Labuschagne, sê hulle is opgewonde oor die samestelling van die nuwe maatskappy.

Hulle sê dat Wonder Steam Trains nie ‘n klub of ‘n vereniging is nie, maar ‘n kommersiële onderneming. Die organisasie se woordvoerder sê dat FOTR ontbind is omdat hulle aansienlike skuld gehad het. Daar is ooreengekom op ‘n reddingspakket waar Wonder Steam Trains die skuld gekoop het sodat die voorraad nie deur TransNet Vragspoor teruggeneem word nie. Dié maatskappy bedryf die stoomtreine en onderhou die depot en voorraad, wat die restourasie van stoomlokomotiewe insluit.

Volgens die woordvoerder word daar verwag dat stoomtreinritte in Oktober hervat kan word, maar nie dié na Cullinan nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger