Dankie vir program PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 October 2019 10:40
Untitled Document

Pietman Basson van Pretoria skryf:
My gelukwense aan Die Bronberger met ’n baie interessante uitgawe vir die 17de bestaansjaar.
Dan wil ek spesiaal dankie sê vir die advertensie van Apple met die program van die rugby-wêreldbeker.

Dis lekker kompak en duidelik en maklik om die Bronnie net elke keer in die middel oop te slaan – alhoewel my uitgawe nou amper permanent op Apple Eiendom se rugbyprogram oop is.

As ek weer eendag eiendom wil koop of verkoop sal ek hieroor eerste met Osie en Gerné praat.

 

© 2019 Die/The Bronberger