Wenk lei polisie na Kanana PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 October 2019 10:50
Untitled Document

Twee mans is op 21 September by die Kanana-nedersetting op Kameelzynkraal in verband met diefstal by ‘n nabygeleë plaas aangekeer.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Tsietsi Lamola, is ‘n sekuriteitswag aangeval en was daar ‘n gewapende roof by ‘n sake-onderneming op ‘n Kameelzynkraal-plaas in die vroeë oggendure van
5 September.

Hy sê die polisie het ‘n wenk gekry wat hulle na die twee 25-jarige uitlanders, wat onwettig in die land is, gelei het. Die mans het in die hof verskyn op aanklagte onder die Immigrasiewet en van sake-roof.

Kanana is ‘n informele nedersetting op gedeelte 36, Kameelzynkraal 547 JR in die Welbekend-distrik.

Daar is ‘n kliniek, kleuterskool en skole en die gebied val onder Gauteng-noord se streek ses en Tshwane wyk 101.

 

© 2019 Die/The Bronberger