Kinders ongedeerd ná busongeluk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 19 November 2019 14:23
Untitled Document

‘n Skoolbus van Laerskool Witpoort was op 23 Oktober in ‘n ongeluk op Garstfonteinweg-verlenging betrokke. Geen kinders is ernstig beseer nie.


Gestrand langs Garstfonteinweg-verlenging
Foto’s: Verskaf

Volgens bronne het die bestuurder van ‘n wit Ford Fiësta teen ’n hoë spoed voor Moria Saaiplaas beheer verloor en het van voor af teen die skoolbus vasgery. Al die leerlinge het veiligheidsgordels gedra en net een kind het ‘n lip oopgestamp. Die bestuurder van die Ford is met ’n ambulans hospitaal toe geneem.


Die vroegoggend toneel langs die pad

Pastoor Pierre Venter en dominee Ian Stanton het daardie dag berading met die kinders gedoen.


Die wit Ford Fiësta van voor af gesien

’n Reddingsvoertuig by die wit Ford Fiësta
 

© 2019 Die/The Bronberger