Oudste krygsgevangene onthou gevalle makkers Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 10 December 2019 07:49
Untitled Document

Die 99-jarige Paolo Ricci, die oudste oorlewende Italiaanse krygsgevangene in Suid-Afrika, het Herinneringsdag in November by Zonderwater bygewoon.

Elke jaar word ‘n spesiale seremonie by Zonderwater se begraafplaas buite Cullinan gehou ter herinnering aan die meer as 108 000 Italiaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog daar gevange gehou is.


Die 99-jarige Paolo Ricci
j

Roosblare op die grafte by Zonderwater se begraafplaas
Bron: Sue Adams

Die meeste van dié gevangenis is in die Noord-Afrika-veldtog gevang en baie van hulle het in Suid-Afrika agtergebly met ‘n blywende nalatenskap wat vandag nog gevier word.

Herinneringsdag (Poppy Day) is in 1919 deur Koning George V ingestel om die einde van Eerste Wêreldoorlogse skermutselings  op die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand in 1918 te gedenk.


Die vlagseremonie by Zonderwater

Kranslegging by die begraafplaas
 

© 2020 Die/The Bronberger