Groot beloning ná transito-roof Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

‘n Beloning van R1 miljoen is uitgeloof vir inligting oor die transito-roof op 7 Januarie op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit.

Polisiewoordvoerder, kolonel Brenda Muridili, sê die rooftog het ongeveer 3 nm plaasgevind. Die vier insittendes van die sekuriteitsvoertuig is hardhandig verwyder ná die voertuig van die pad afgestamp is. ‘n Onbekende aantal gewapende verdagtes het die voertuig gebombardeer en ‘n onbekende hoeveelheid kontant geneem.


Die motor wat gebruik is om in die sekuriteitsvoertuig vas te ry, het aan die brand geslaan en is op die toneel agtergelaat
Foto: Facebook

Die verdagtes is met drie voertuie daar weg. Die motor wat hulle gebruik het om in die sekuriteitsvoertuig vas te ry, het aan die brand geslaan en is op die toneel agtergelaat. Geen beserings is gerapporteer nie.

Die SBV-groep, wat sekuriteitsvoertuie en -dienste voorsien, se uitvoerende hoof, Mark Barette, het gesê dat dié groep sulke insidente deeglik ondersoek. Die groep vra dat enige iemand met inligting oor die voorval die maatskappy se vroeë waarskuwing roofblitslyn skakel: 083-408-7029.

 

© 2020 Die/The Bronberger