Die eerste van ’n opwindende
nuwe Bronbergse kosmark
word op Saterdag 18 Julie by
die ruim B-House-perseel in Garstfonteinweg-
verlenging gehou.
Uitstallers van elke denkbare kosproduk
sal voortaan elke Saterdag
van 8 vm af met pasteie, gebak,
groente, vleise, kase, gebottelde
lekkernye, biltong en droëwors,
lekkers, tuisgebroude drankies en
letterlik enigiets wat met kos te
make het, gereed staan.
 Rafters op die B-House perseel in Garstfonteinweg
Dinge is behoorlik aan die kook by
Rafters pub & grill op die B-Houseperseel.
Benewens die kosmark wat
voortaan elke Saterdag gehou sal
word, word ’n hele rits bedrywighede
beplan om Bronbergers se
naweke lewendig te hou.
Maandelikse etebyeenkomste sal op
Vrydae by Rafters gehou word waar
gaste die geleentheid sal kry om ’n
bekende persoonlikheid te ontmoet
en na sy of haar storie te luister.
Die eerste van hierdie etes is op
31 Julie en die gasspreker is die bekende
en beminde akteur, Zack du
Plessis. Zack is veral bekend vir sy
rolle in die TV-reekse ‘Orkney Snork
Nie’ en ‘Vetkoekpaleis’ en as aanbieder
van ‘Maak ’n Las’.

Zack du
Plessis sal
die gasspreker
wees
by die eerste
Raftersmaandete
Dit kos net R100 om by te woon en
dit sluit die ete in. Bel Gert van der
Walt by 083-302-1076 vir inligting en
besprekings.
Boeresportdae, sterkmankompetisies,
fietswedrenne en buiteleween
4x4 ‘expos’ is maar ’n paar van
die dinge wat in die vooruitsig gestel
word.
Saterdae se Rafters-kosmark maak
voorsiening vir die hele gesin. Vir die
kleingoed sal daar byvoorbeeld ’n
speelpark en ponieritte wees en
‘lewendige’ musiek sal verskaf
word.
Die kosstalletjies sal onder ruim skadudoekdakke,
in ’n reuse-tent en op
die onderdak stoepe van B-House
ingerig word. Ruim en veilige parkeerplek
is beskikbaar.
 Koskraampies sal
onder skadudoek,
onderdak-stoepe
en in ?n groot
tent gehuisves
word
’n Gedeelte van die inkomste wat uit
die kosmark en byeenkomste gemaak
word, sal aan liefdadigheid
gaan. Die projek wat ondersteun
word is Uncle Ben’s Den in Hermanstad
waar na behoeftige bejaardes,
gestremdes en haweloses omgesien
word.
Rafters en die B-Houseperseel
is een kilometer oos
van Mooikloof se ingang in
Garstfonteinweg. Om jou
kosstalletjie te bespreek of
vir enige navrae kan Gert van
der Walt by 083-302-1076
gebel word. |