Dit is lekker Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 February 2020 09:58
Untitled Document

Dr Ernie Jacobson van Lynnwoodrif:
Dit is lekker as die meisie by die apteek sê dat die nuwe Bronberger gekom het.

In die Januarie 2020 uitgawe se kommentaar gee u agtergrond van die Bronnie se sukses. Die afwesigheid van politiek en onafhanklike befondsing. Iets raar in die 21e eeu.

Met die klem op landelike en voorstedelike karakter val dit op dat u ’n voorliefde het vir Pretoria-geskiedenis. Voor die 1996 brand by Munitoria was daar ’n galery met foto’s van burgemeesters sedert 1903 tot datum. Dit het verlore gegaan!

Miskien is daar een van u navorsers wat so ’n reeks artikels kan begin opstel om die geskiedenis aan te vul.

Ekself is ’n ou-motor entoesias en ek weet van Steffan Stander op Cullinan. Dalk so iets oor motors en trekkers (oud of nuut) in die Bronnie?

Dankie, Ernie. Ons het oor die jare al berig oor die Hoëveld Veteraan Trekker en Enjin Klub se doen en late. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger