Wat ’n skok PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 February 2020 09:59
Untitled Document

Lucia Greyling van Rayton skryf: 
Op 26 November 2018 skryf ek in Die Bronberger oor die haglike toestand wat die begraafplaas in Cullinan is. Vinnige terugvoer is verkry van Karin Yssel en ’n week later lyk die begraafplaas soos ’n nuwe sikspens!

Die hele 2019 lyk die begraafplaas goed en word onderhou. Op Kersdag 2019 sien ek alles begin stadig weer agteruit gaan, maar dink toe dis seker maar in die feestyd en dit het baie gereën.

Wat ’n skok toe ek vanoggend voor werk gou gaan om blomme op te sit. Die gras groei so hoog dat ’n mens nie kan sien as daar ’n graf is wat nie ’n grafsteen op het nie. Dit lyk soos die res van die toegegroeide begraafplaas. 

Omdat mense nie meer daar kom water tap nie, want daar is nie water nie, lyk dit of ’n trop blou-apies besig is om hulle intrek in die begraafplaas te neem.

 

© 2019 Die/The Bronberger