Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2020 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 26 February 2020 10:11
Untitled Document


'n Skrikkeljaar-dans word op 29 Februarie om 7 nm by Thulani Plaasteater gehou. Toegang is R80 en sluit ‘n worsbroodjie in. Eie eetgoed is welkom en daar is ‘n kontantkroeg. Bespreek by Marinza: 083-601-6126 of Johan: 082-789-9577. Die plaasteater is in Tierpoortweg, Tierpoort.

~*~


Steve Ashley van The Staccatos se ‘Cry to Me’ was een van die grootste treffers in die Springbok Top 20-era. Op 28 Februarie om 8 nm kan jy dié tyd by Die Boskombuis herleef. Ontmoet Steve, kry sy CD en dans op sy trefferliedjies. Kaartjies kos R80. Bespreek ’n tafel van 10, en ontvang twee kaartjies gratis (koop 10 betaal vir 8). Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bespreek by Renee: 083-485-2529 of Paul 079-219-6735.

~*~


The Mommy & Me Expo is on 29 February from 9 am to 5 pm at Amatola Venue, plot 194, Bashewa. This fun-filled day features a variety of exhibitors in the children’s, women’s and mom’s industries, entertainment, speakers, eats and treats, activities for children, a mini colour bash, a Mommy & Me fashion show and Mommy & Me look-alike competition. Tickets will be available at the gate at R60 per person. Phone them at 083-373-9428.

~*~


Die 21ste Fijnwyn kos en wynfees word op 20 en 21 Maart op Tierpoort gehou. Die Vrydagaand is daar ‘n eksklusiewe voorskou en ‘n oestafel. Slegs 400 kaartjies is vir dié ‘Fancy Fijnwyn’, wat van
4 nm tot 9 nm gehou word, beskikbaar. Op die Saterdag is dit tyd vir ‘Fijnwyn Bubbles’, met die fokus op borrels, alhoewel daar ook ander wyn van 40 top landgoedere te proe sal wees. Die hekke open om 10 vm en sluit weer om 5 nm. Toegang is R180 vir volwassenes. Kaartjies is beskikbaar by www.iTickets.co.za. Besoek www.fijnwyn.co.za of skakel 082-335-5659. Die fees is by Shokran op plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort.

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 29 Februarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Take the whole family, even the dogs for a 2 km, 5 km and 10 km walk or run or without the dogs on the 15 km and 21 km route at Adventure Tails, Ingaadi Spa on Saturday 22 February from 7 am. Enjoy something to eat and drink at the pet friendly restaurant where there will also be treats for dogs. Enter at www.adventurerun.co.za. The venue is at portion 53 of the farm Rietfontein, out with Garstfontein Road extension in Bashewa. For more information contact Glizelle at 083 264 3931 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Dit is ‘Ladies Night’ met Leandie du Randt en gaskunstenaar, sangeres Irene-Louise van Wyk, by Rockwood-teater op Vrydag 13 Maart om 8 nm. Leandie se praatjie is ‘Dis okei om jouself te skei (van alles)’. Sy praat oor hoekom ons doen wat ons doen en lei ons gedagtes na ‘n plek waar ons weer begin vrae vra oor ons lewens, tradisies, denkpatrone, besluite, ons mense en onsself. Kaartjies kos R200. Die teater is in Parkview Winkelsentrum, F92, op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.

~*~


Even though you don’t want your old clothes anymore, there are many people in need of usable clothing, such as disaster victims and underprivileged people. Paché Venue has a Donation Friday on 28 February and will be open from 9 am to 1 pm to collect all the items to be delivered to those in need. People are welcome to take something to eat and drink and enjoy the venue at plot 26, Lynnwood Road extension, Tierpoort. Phone: 079-019-8266.

~*~


‘n Bruide Opedag word op 1 Maart van 9 vm tot 3 nm by die historiese 112-jaar-oue Sir Herbert Baker-kerkie en nuwe lokaal by @Church op Cullinan gehou. Die kerkie is op die hoek van Oaklaan en Mainstraat. Skakel 074-771-1199.

~*~


Spanish Fire Presents ‘Olè’ at Atterbury Theatre on 27 February at 8 pm. The world-class combination of guitar duo CH2 and the phenomenal talents of the Montoya’s will set the stage alight. Spanish hits of the Gypsy Kings, original compositions by CH2 as well as songs by international and South African artists will feature. Tickets cost from R180 to R250. The theatre is at 4 Daventry Street, Lynnwood Manor. Phone them at 012-942-5951.

~*~


Andra, die sangsensasie en liedjieskrywer van Namibië, tree op Donderdag 27 Februarie om 8 nm op by Lagom in Ridge Square op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Kaartjies vir die vertoning, genaamd ‘To the moon’, en ‘n ete kos R295 en R150 as jy net na die vertoning gaan kyk. Skakel 083-420-3259 of 083-281-7284.

~*~


You’ll find out how to set healthy boundaries in a workshop, based on the book, ‘Boundaries’, by Henry Cloud and John Townsend, held on 29 February from 8 am to 4 pm at Doxa Deo Faerie Glen on the corner of Atterbury and Olympus Roads. Having clear boundaries is essential to a healthy, balanced lifestyle. A boundary is a personal property line that marks those things for which we are responsible. Tickets cost R200 and include a light breakfast and lunch. Contact: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 012-991-3883.

~*~


Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Appel (gebore Christoph Kotzé) tree op 21 Februarie om 8 nm op by Padstal, The Highwaystraat 265, Equestria. Kaartjies kos R50. Skakel 012-030-1161.

~*~


Die derde jaarlikse Agri Gauteng Gholfdag is op 5 Maart vanaf 9 vm by Silver Lakes Gholflandgoed. Dié dag is ten bate van opleiding en ontwikkeling. Bespreek by Juanita da Matta: 071-457-2696 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Laerskool Witpoort se Kaalvoet Kleuters hou op 28 Februarie om 6 nm ’n mandjiedans en die tema is ‘Grease’. Vure word voorsien om te braai en mense moet hulle eie kos, drinkgoed, eetgerei en stoele saamneem. Daar is ook tonne pryse te wen. Kaartjies vir volwassenes kos R80; vir hoërskoolleerlinge R50 en laerskoolleerlinge gaan gratis in. Bel Anoesjka by 079-881-8237 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Goliat van Gat kompetisie is op 7 Maart by die Pretoriase Boeremark, Moreletastraat 665, Silverton. Kompetisies sluit die grootste, mooiste, oorspronklikste en lelikste pampoen in asook ‘n pampoengereg en die mooiste tema of spankleredrag. Vanjaar is daar ook ‘n groot groente-kompetisie en gewasse strek van waatlemoene tot komkommers, kool en murgpampoene tot lemoenpampoene. Neem jou unieke groente saam. Die inweeg begin om 3 nm, die beoordeling is
5 nm en die prysuitdeling is 6 nm. Daar is ‘n aandmark, biertuin en gaskunstenaar. Vir navrae, skakel 012-804-8031 of 082-552-9428.

~*~


Die Vaalbank Kontreimark het terug geskuif na hulle oorspronklike plek op plot 54, Vaalbank, langs Wet Nose op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Die volgende mark is op 29 Februarie van 9 vm tot 2 nm. Stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


The Diamond Chamber of Commerce is hosting the first in their monthly business breakfast seminars on 6 March from 7.45 am to 10.30 am. This event is aimed at educating business owners about the pitfalls, changes, risks and opportunities coming in 2020. The speakers are Theo Vorster, co-founder and CEO of Galileo Capital Ltd, and Tiaan Geel, managing director of the Vitalis Group. The event is at the Cullinan Golf Club and tickets cost R50. For more information phone: 012-305-2501 or 084-390-0333.

 

© 2019 Die/The Bronberger