Geheim van burgemeester-foto’s PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 25 March 2020 06:10
Untitled Document

Anton Jansen van Belofte op Rietfontein:
Na aanleiding van dr Ernie Jacobson se brief (Die Bronberger, Februarie 2020):

Jare gelede vertrek die laaste bakkie met rommel vanaf die verbrande puinhope van Munitoria. ‘n Nuuskierige Pretorianer gooi ‘n oog oor die rommel en herken geraamde foto’s van Pretoria se burgemeesters en vra die bestuurder hoeveel hy vir die foto’s vra. “Nee wat, vat maar die goed. Dit gaan tog ‘dumping site’ toe.”

Inderhaas word soveel as moontlik in ‘n motor geprop, die bestuurder ontvang ‘n fooi en daar is ‘n deel van die fotogalery en Pretoria se geskiedenis gered. Na ‘n omswerwing of twee hang die ‘galery’ nou in my motorhuis omdat ek nie genoeg mure in die huis het nie.


Die verlore foto’s van Pretoria se burgemeesters in Anton Jansen se motorhuis

Die reeks strek van 1879 tot 1969 en sluit ‘n paar foto’s in van die destydse stadsraad van Hercules (1938), wat later by Pretoria ingelyf is.

Die juweel van die galery is ‘n skildery met ‘n naamplaatjie: JC Preller. J.P.1879/1880, die eerste burgemeester van Pretoria. Volgens ‘n deskundige is dit ‘n oorspronklike skildery en in ‘n goeie toestand. Tot nog toe kon ek nêrens ‘n kopie of rekord vind nie en dalk is dit moontlik dat die skildery uniek kan wees. Nog iets besonders is ‘n paar foto’s wat in die raadsaal van die ou stadsaal in Pretoriusstraat geneem is.

En nou die pad vorentoe. Helaas kan ek dit nie aan iemand of ‘n instansie skenk nie want dan kan dit moontlik in ‘n private versameling of in ‘n museum se kelders verdwyn en ten tweede kos ‘n versameling heelwat aan restourasie, vervoer en berging.

Ons het onlangs die Britse wapen van die Ou Raadsaal op Kerkplein tuis gerestoureer en opgerig teen ‘n koste van R85 000. Die volgende is die toringhorlosie van die ZAR Verdedigingshoofkwartier van 1885.

Daarom is die galery te koop en belangstellendes kan my kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger