Soek toestemming Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 25 March 2020 06:13
Untitled Document

Chris Boshoff, voorsitter Noordwes-tak, Genealogie Genootskap van SA:
Ek wil graag verneem of julle my toestemming sal gee om van julle artikels, wat tans op julle webblad is, op my webblad te kan plaas. Die Bronberger sal alle erkenning geniet met ‘n skakel na julle webblad.

Ons het Chris laat weet dat ons graag toestemming gee solank die nodige erkenning prominent verskyn. Ons het in die verlede gesien dat dié soort erkenning aan Die Bronberger se artikels, wat met toestemming op ander webtuistes gebruik word, so onopvallend is, dat besoekers dit glad nie raaksien nie. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger