Jy is ‘n ster Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Wilna Degenaar van Cullinan:
Bubbles het uitgekom en die strate ingevaar. Ons het oral gesoek; my broer se dogter was selfs by Wet Nose. Ek het op groepe gepos, maar niemand het Bubbles gesien nie.

’n Vriendin van my broer se dogter, wat in die Kaap woon, het ’n Facebook-pos met Bubbles se foto gesien! Ek het die vrou gekontak. Sy het ’n kar-was onderneming op die Lewsene-plotte en ook ’n honde-herberg.

Bubbles het gister by haar aangekom. Sy het hom gebad en kos gegee. Hy was verwaarloos, vuil en vol vlooie.

Baie duisende dankies, Linda. Jy is ’n regte sterretjie. Ons is bly Bubbles is veilig na sy lang straatlewe.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger