Ondersoek oor boer glo water steel |
|
|
News -
Aktueel
|
Tuesday, 18 August 2009 03:21 |
Untitled Document
’n Boer van die Bapsfontein-omgewing gaan moontlik weens bedrog vervolg word
omdat hy glo ondergrondse water ‘steel’.
Die handelstak van die polisie ondersoek die saak nadat ’n klag deur ’n inwoner van
die omgewing, Piet Basson, teen die besproeiingsboer gemaak is. Sover bekend is
dit die eerste keer dat die polisie ’n saak van dié aard ondersoek.
Basson het glo in September verlede jaar agtergekom dat die watervlak in sy boorgate
erg begin sak het. Vier van sy boorgate het intussen opgedroog.
Hy het die saak met die Departement Waterwese opgeneem, maar kon geen
bevredigende reaksie kry nie en het hom toe tot die polisie gewend.
Die nuwe Waterwet van 1998 verreis glo dat boere moet registreer vir die gebruik
van ondergrondse water. Dit blyk dat die betrokke boer dit nie gedoen het nie, en
gevolglik die water wederregtelik gebruik.
Volgens mense van die omgewing het die oppervlakte wat die boer onder besproeiing
het, die afgelope jaar of wat erg toegeneem. |
|