Trompetgeskal weerklink vanaf Bronberg Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Luide trompetgeskal het op Paassondag, 12 April, vanaf die Wapadrand-kasteel op die Bronberg weerklink.

Massiewe luidspreker-torings is opgerig om in alle rigtings uit te saai sodat ‘Jesus is King Trumpet Sounds’ omtrent een miljoen mense in oostelike voorstede soos Wapadrand, Faerie Glen en Equestria kon bereik. Die trompette het 8 vm, 1 nm en 6 nm vir vyf minute elke keer gespeel.


Die luidspreker-toring wat die trompetgeskal uitgesaai het met die Wapadrand-kasteel in die agtergrond
Foto: Marizka Coetzer

Organiseerder van dié gebeurtenis, Albertus Potgieter, eienaar van i-Tickets Suid-Afrika, het gesê sy inspirasie kom uit Jesaja 18:3: “Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as ’n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!”

Mense kon ook regstreeks op Paasdienste inskakel wat tussendeur uitgesaai is.


Pretoria-oos in die rigting van die Magaliesberg, soos gesien vanaf die kasteel se dak
Foto: Skermgreep van video-materiaal

‘n Wapadrand-inwoner vertel dat sy 8 uur die oggend wakker geword het van die trompette en gedink het sy droom nog. Sy sê sy het hoendervleis gekry. ‘n Inwoner van Equestria vertel dat die klank so ver getrek het dat dit hom omtrent weggeblaas het.

Albertus, ‘n plaaslike inwoner, sê dat hy nie kon bybly met al die terugvoer op die trompetgeskal nie. Sosiale media het behoorlik gegons met meestal positiewe terugvoer.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger