Nuwe grondstorting by myn Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

‘n Grondstorting, wat deur die Cullinan Diamantmyn se WhatsApp kommunikasie-groep as gering beskryf is, is op 30 Maart gerapporteer.

Die storting van ongeveer 10 000 ton grond was aan die suid-oostelike wal, aan die dorp se kant van die oop put, ongeveer 150 meter onder die put-kruin. Geen mense of infrastruktuur is in gevaar gestel nie.

Volgens die kommunikasie-groep het swaar reën veroorsaak dat oppervlakgrond in die put afgeloop het, veral in die gedeelte agter die losstaande pilaar. Grondstortings kan glo verwag word as gevolg van grondwater-lekkasie ná die reën.

Die laaste grondstorting wat voor dié een gerapporteer is, was op 11 Januarie toe ‘n wig in die oostelike hoek van die put ineengestort het en ongeveer 135 000 ton in die put afgestort het. Dié storting word verbind met ‘n onstabiele wig wat deur die kruising van twee foute ontstaan het.  


Die deel van die oop put se sywand waar die grondstorting op 30 Maart was
Foto: Pit Communication

Die myn het in Desember 2019 ‘n kennisgewing uitgestuur dat ‘n toename in die verplasing van die suidelike put-wand waargeneem is. Dié deel van die oop put se wand is gedestabiliseer en het begin sak ná die drie miljoen ton grondstorting van 28 Oktober 2019.

Op 19 Desember 2019 was daar ‘n sywand instorting aan die suid-westelike kant van die oop put, weg van die dorp, wat onreëlmatige en onstabiele sleutelblokke rondom die kruin en wand van die put agtergelaat het.

Tussen 19 en 28 Desember 2019 was daar kleinskaalse rotsstortings langs die kruin en ‘n sywand-skalering aan die suid-westelike wand, waar ongeveer 15 200 ton grond in die put afgestort het.

Gert Klopper, woordvoerder vir Petra Diamonds, het toe gesê dat dit tegnies alles deel van een insident was, al het dit in fases gebeur.

Mynwerk in die oop put is 50 jaar gelede gestaak en alle mynwerk is deesdae ondergronds. Die myn het verskeie moniteringstelsels wat beweging in die put meet, asook seismiese- en stof-moniteringstelsels in die dorp.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger