Shere vra ondersoek teen raadslid |
|
|
News -
Aktueel
|
Tuesday, 18 August 2009 03:22 |
Untitled Document
Shere se inwonersvereniging is behoorlik die harnas in vir hulle verkose Kungwiniraadslid,
Dawie Pretorius, en sy DA-koukus in die stadsraad van Kungwini omdat
hulle glo die ‘ongeldige’ jongste begroting van Kungwini goedgekeur het.
‘n ‘Formele versoek’ is aan die DA se federale raad gerig om ondersoek in te stel na
rdl Pretorius se optrede.
In ‘n sterk-bewoorde brief aan James Selfe, die voorsitter van die DA se federale
raad, word die vereniging se misnoeë daarmee uitgespreek dat mnr Pretorius en die
DA koukus glo die ‘hoogs onreëlmatige’ begroting en eiendomsbelastingaanpassings
vir 2009/10 goedgekeur het. En dit terwyl Dawie Pretorius, volgens die brief, in
Junie die versekering aan Johann van der Merwe, die sekretaris van die inwonersvereniging,
gegee het dat hy (Pretorius) en die DA-koukus die begroting teengestaan
het.
Die vereniging vra onder meer in die brief om ‘n verduideliking vir die totale gebrek
aan opposisie van rdl Pretorius en sy koukus teen die voortgesette vermorsing van
belastingbetalersgeld deur die ‘korrupte, disfunksionele en bankrot’ stadsraad van
Kungwini. |
|