Garsfonteiners in sop oor ‘straatbraai’ Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 20 May 2020 19:59
Untitled Document

Moenie dink jy kan in die geheim ’n grendeltyd-straatbraai hou nie. Inwoners van ‘n kompleks in Lassiestraat, Garsfontein het op 19 April so ‘n braai gehou en het later foto’s daarvan op ‘n geslote Facebook-groep gesit. Hulle is verklik en die bevelvoerder van die Garsfonteinse polisiestasie, kolonel Kervin Solomons, het gewaarsku dat hulle in hegtenis geneem sal word sou hulle weer so iets aanvang.

Dié foto’s van die braai is op ‘n WhatsApp-groep geplaas en op GarsCom se amptelike Facebook-blad vir inwoners en sake-ondernemings rondom Woodhill-landgoed, Hans Strijdomrylaan, Atterburyweg en Garstfonteinweg.


Die ‘onwettige’ straatbraai
Foto: Verskaf

Daar word beweer dat die inwoners buite hulle eie tuine gesit het en dit was glo ‘n verbreking van inperkingsreëls omdat dit as ‘n sosiale byeenkoms gesien is. Op die foto’s lyk dit asof die mense op die sypaadjies langs die pad gesit het.

Kolonel Solomons het gesê dat die polisie op die dag wat hulle die klagtes ontvang het, opgetree het. Hy het gesê gereelde patrollies sorg dat kansvatters hulle rieme sal styfloop.

“Doen wat die wet sê of ons neem jou in hegtenis,” het hy gesê.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger