Misdadigers sonder buit vort Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 20 May 2020 20:04
Untitled Document

Misdadigers het mislukte pogings aangewend om ‘n gastehuis en funksieplek in die Zwavelpoort-omgewing te beroof.


Nog ‘n inbraak

Echo-1 sekuriteit het inligting oor dié twee inbrake op 18 April bekend gemaak. Die eerste voorval het 3 uur in die oggend gebeur toe ‘n gastehuis beroof is en meubels en beddegoed gesteel is. Die hondespan is ingeroep en alle gesteelde goedere is binne twee ure terug gekry.


Gesteelde goedere is opgespoor deur snuffelhonde te gebruik
Foto’s: Echo-1

Daar is by ‘n Zwavelpoortse funksieplek ingebreek, waarskynlik om alkohol in die hande te kry, maar die reaksie-offisiere was vinnig op die toneel en die verdagtes het hulle buit agtergelaat en gevlug.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger