Welkome nuweling by reservaat Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 17 July 2020 14:18
Untitled Document

‘n Groot verrassing het op besoekers gewag toe Rietvlei Natuurreservaat ná langer as twee maande se afsonderingstyd op 15 Junie oopgemaak het. ‘n Witrenosterkalfie, Zola, wat in dié tyd gebore is, het saam met haar ma, Pippa, rondgehardloop.

Renosters, beide die swart- en witrenoster, is ‘n bedreigde spesie. Vriende van Rietvlei se voorsitter, James Drowley, het gesê dat die kalfie en haar ma altwee gesond is en dat die twee-maande-oue Zola goed in haar omgewing aanpas.


Die witrenoster, Pippa, en haar baba, Zola
Foto: Rietvlei Natuurreservaat – Elsie Bornman

Tersia Jooste van Rhino Connect, ‘n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy betrokke by bewaringsprogramme, het gesê dat ‘n kalfie gewoonlik vir die eerste paar dae weg van die trop gehou word. Daarna word die kalfie maklik aanvaar omdat witrenosters sosiale diere is en in groepe wei.

Kalfies se horings begin teen drie maande groei. Tersia sê dat renosterstropery ‘n harde realiteit is en dat dié renosters se horings omtrent elke 18 maande kort gesny word, omdat dit aanhou terug groei.

Daar word aanbeveel dat kalfies se horings eers teen die ouderdom van twee of drie jaar gesny word.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger