PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 18 August 2009 03:44
Untitled Document

Van Butler tot Botha, van Prinsloo en Spies tot Ronge, die plaasbegraafplasies in die Donkerhoek en Kleinfontein-distrik lewer ’n interessante mengsel van Engelse en Afrikaanse vanne.

In Die Bronberger se Junie-uitgawe het ons vertel dat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) ’n elektroniese databasis van grafte hou en dat ’n mens nou, as deel van dié projek, op die Internet met ‘Google Earth’ na die begraafplasies in die Bronberg-gebied kan gaan kyk.

In Junie was dit die Boschkopse plaasbegraafplasies se beurt en dié maand vlieg ons oor die Donkerhoek en Kleinfontein-distrik.


Die oudste grafsteen in die Donkerhoek begraafplasie

Bygaande foto wys hoe begraafplaasmerkers vir dié distrik op GGSA se ‘Google Earth’ kaart aangedui is. As jy op een van dié merkers klik kry jy die volgende inligting: Die naam van die plaas, distrik, provinsie en aanwysings hoe om daar uit te kom. Jy kan ook sien hoeveel name op die grafstene in die begraafplaas is en die GPS koördinate van die plek kry.

Op sommige merkers is daar ’n direkte skakel na ’n foto album van dié spesifieke plaasbegraafplasie by GGSA se webtuiste. Daar kry jy gewoonlik ’n rowwe padkaart van die gebied, foto’s van die afdraaipad na die begraafplasie, ’n algemene foto wat die hele begraafplasie wys en foto’s van elke grafsteen. Daar word ook aangedui wie die foto’s geneem het. Vir die Donkerhoek en Kleinfontein-distrik is die fotograaf Mieder Viviers.


Die ingang na die begraafplasie op plot 51, Donkerhoek

Daar is vyf plaasbegraafplasies op die plaas Donkerhoek 365 en vyf op die plaas Kleinfontein 368. Net die begraafplasie op die plaas Tandum, Kleinfontein is afgeneem. Daar is slegs drie grafstene: Elizabeth Johanna Botha (nee Pretorius), 1854-1933, Johannes Jacobus Botha, 1839-1923, en Maria Katrina Elizabeth Botha (nee JV Rensburg), 1901-1931.

Van die vyf Donkerhoek plaasbegraafplasies is daar net foto’s vir begraafplaas nommer drie op plot 51. Hier is 17 grafstene waarvan 12 Prinsloo-grafte is. Daar is ook Butler, Ronge, Spies, Wilkins en Williams grafte.


Die graf van Maria Katrina Elizabeth Botha op Tandum

Daan Wilkins is so onlangs as 2001 daar begrawe. Die oudste grafsteen is dié van Maria Magdalena Prinsloo wat van 1932-1933 gelewe het. Dit lyk asof die begraafplasie steeds in werking is, omdat baie van die dubbelgrafstene se name nog nie ’n sterfdatum op het nie.


Dis ?n graf in die gras ? die begraafplasie op Tandum, Kleinfontein

As jy ’n begraafplasie op jou grond wil laat aanteken, kan jy praat met Johan Viktor van die Pretoriagebaseerde tak van GGSA. Stuur vir Johan ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 082-856-0942.

Besoek die GGSA se skakel na die ‘Google Earth’ begraafplaasprojek by www.gensa.info.


Begraafplaasmerkers vir die Donkerhoek en Kleinfontein-distrik op GGSA se ?Google Earth? kaart

 

© 2019 Die/The Bronberger