Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep 2009 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 21 September 2009 16:07
Untitled Document

Now you can know exactly what the weather is like in the Bronberg area. Kitty Hawk’s new updated website features a weather station at http://iweathar.co.za/display.php?hide=true&s_id=95. You get minuteby- minute weather summaries, wind speed, wind direction, temperature, barometric pressure, humidity, dew point, cloud height, density altitude and relative air density. The website also shows you the exact times for sunrise and sunset each day. Below the summaries you can look at the graphs, which show you a twelve hour overview of topics such as barometric pressure as well as minimum and maximum temperatures.

xxx

Swart wattel-bome is indringers in die Bronberg-gebied, maar word gereeld vir iets anders aangesien. In laas maand se lesersbrief oor ‘groen skerpioene’ in Bashewa het ons gesien dat mense gedink het dié wattels is palmbome. In ’n tragiese geval van wattel-verwarring het ’n sub-kontrakteur van die Departement Waterwese en Bosbou se ‘Werk vir Water’ program, 150 geelhoutbome wat tussen 50 en 100 jaar oud was, afgekap en vergiftig. Die rede? Hulle het gedink dit is wattels wat hulle uitroei.

xxx

Boschkop SAPS reported that there have been many cases of dog poisoning in August. Residents are asked to report every case of poisoning. It will help the police to know in which areas to concentrate crime prevention activities. Boschkop police station also made an appeal to anyone who wants a cat or kitten, to come and fetch one at the police station. The semi-wild cats living on the station’s premises are desperately looking for homes. All you have to do is catch one for yourself, if you can.

xxx

Op Donderdag 3 September is ’n bejaarde egpaar in hul Tierpoort-huis aangeval. Die boewe het die kluis leeggemaak en ’n haelgeweer gesteel waarmee die een boef homself dadelik in die voet geskiet het. Die boewe het op vlug geslaan en die egpaar het hul seun gebel. Binne 20 minute was polisie van Boschkop en Welbekend op die toneel en gemeenskapslede wat aan Conserv behoort het die koppie agter die huis gefynkam vir die boef se bloedspoor. ’n Polisie-helikopter, Girokopter en ligte vliegtuig van Kitty Hawk het help soek. Die gewonde boef is aangekeer en die haelgeweer is by hom afgeneem.

xxx

Paul Jungnickelhuis se werkers het op Vrydag 28 Augustus in Johannesburg gaan toi-toi in die Gauteng-welsynwerkers se opmars vir beter finansiële bemiddeling vir nie-winsgewende organisasies wat sosiale welsyndienste bied. Die regering verskaf 12 doeke per inwoner per maand aan die Zwavelpoortse Paul Jungnickelhuis. Dit word ook van dié tehuis vir volwasse gestremdes verwag om met slegs R7 per inwoner per dag drie etes te voorsien. Waar regeringsinstansies staak sodat werkers meer geld kan kry, staak hierdie welsynwerkers vir die beswil van minderbevoorregtes in ons omgewing.

xxx

Op 17 Oktober val die kollig op die Bronberg in Kyknet se Ontbytsakeprogram. Die vervaardigers het by Die Bronberger kom kersopsteek oor die omgewing, nadat verskeie inwoners gesê het hulle moet “met ons eie boekie” se mense gaan praat as hulle meer oor die gebied wil weet. Dankie vir die vertroue, hoor. Die program word op Saterdag 17 Oktober vanaf 7.30 voormiddag uitgesaai en word op die daaropvolgende Maandag, Woensdag en Vrydag om 6.30 vm herhaal.

 

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger