In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Die maan soos afgeneem deur Albert Bester om 8.30 vm op 2 Mei teen die agtergrond van
’n blou hemel

Herculas van Tonder van Klipfontein het dié grysbekneushoringvoël raakgesien

Colleen Sellars Markgraaf het dié foto wat die herfs op Bronkhorstspruit uitbeeld, geneem

Elaine Groenewald Hope het die foto van haar dogter, Claudene, tussen die kosmosblomme op die plaas Grootfontein geneem

Lionel Bagley het die sonsopkoms oor Cullinan verewig

Johann van der Linde van Rooikoppies het dié skoorsteenveërs in ’n droë boom in
die omgewing afgeneem

Nog ’n beeldskone sonsondergang op Boekenhoutskloof soos gesien deur Altie Potgieter se lens

’n Kleurespel in die wolke terwyl die son oor Boekenhoutskloof sak
Foto: Altie Potgieter

Dis asof bome snags boodskappe hemelwaarts stuur, sê Laurika van der Linde oor dié
foto van haar

Knap na die herfs die omgewing begin inkleur het, het Emma Koekemoer dié foto geneem. Dit was byna ons voorbladfoto, maar het met ’n kortkop uitgeval in ’n meningspeiling op ons FaceBook-blad

Net voor dié duif ’n perfekte landing uitgevoer het, het Albert Bester dié besonderse foto geneem

Onverwagte reënbuie (op plekke 30 mm) het op die laaste dae van April in die Bronberg-gebied uitgesak. `Alet Erasmus het dié foto op 1 Mei geneem

Ria Breedt was vroeg uit die vere om dié sonsopkoms op Welbekend af te neem

Dié toneel wat die koms van herfs in die gebied uitbeeld, is deur Laurika van der Linde saamgestel

As sy dié prentjie sien, weet sy die winter is naby, sê Helena Naude Potgieter van Tweedragt, wat die foto geneem het

Toe hy dié netjiese spinnerak raakloop, het dit hom laat terugdink aan die dae (lank gelede) toe hy nog valskermspring gedoen het, sê Eus de Clerk
|