Elize Havenga van plot 33,
Rietfontein se lyk is op 3 Februarie
langs ’n grondpad ’n
paar honderd meter van haar huis
af, gevind.
 Elize Havenga Foto: Eblockwatch
Dit nadat sy ongeveer’n dag lank vermis was. Elize is
verkrag en met ’n stuk draad verwurg.‘n Nege-en-dertig-jarige plaaswerker
van die omgewing is gearresteer
en word verdink van die
moord. Dit blyk asof Elize oorval is
toe sy langs dié pad huis toe gestap
het.
Dié afdraai uit Garstfonteinwegverlenging
is ongeveer 15 km
vanaf die Woodlands Boulevard
winkelsentrum, feitlik langs Mangwanani
Spa op die Rietfontein
plotte wat grens aan Bashewa.
Elize en haar man, Jan Adriaan
Havenga, het blykbaar
Saterdagoggend 2 Februarie ’n uitval
gehad en Elize se broer, Danie
Vrey, het haar gaan oplaai. Knap ’n
paar minute nadat Danie haar opgelaai
het, het sy hom gevra om
terug te draai.
Sy het Danie gevra om haar by die
grondpad wat uit Garstfonteinwegverlenging
na hul plot lei, af te laai.
Hy het aangeneem dat Elize die
2 km huis toe wou stap omdat sy
tyd wou hê om te dink.
Elize is om 2 nm op Saterdag
2 Februarie die laaste keer lewend
gesien. Lede van die gemeenskap,
Eblockwatch en die polisie het
sedert Saterdagaand die gebied
gefynkam.

Jan Havenga en sy babadogtertjie, Arista, nege maande Foto: Marupu Nkhumise, Beeld
Haar man het gesê dat sy nie sommer
sou wegloop omdat sy vir
hom kwaad was nie. Vriende het
gesê dat sy nooit haar negemaande-
oue babadogtertjie, Arista,
sou agterlaat nie.
Elize se lyk is Sondagmiddag
3 Februarie gevind deur ’n lid van
die Soweto honde-eenheid.
Haar begrafnis was op 6 Februarie
vanuit die NG Kerk Oosterlig. |