Langsame brugbouery voltooi |
|
|
News -
Aktueel
|
Monday, 21 September 2009 10:26 |
Untitled Document
Só lyk die splinternuwe brug wat by die drif oor die spruit by Hendrik Ver
Loren van Themaat se druiweplaas gebou is. In Die Bronberger se Julieuitgawe
het ons berig dat die langsame brugbouery met rukke en stote
gevorder het deur die winter. Mense wat dié pad deur die drif gereeld
gebruik, het duim vasgehou dat die Kungwini-kontrakteur die brug sou
klaar bou voor die eerste reëns. Die brug staan nou, en inwoners hoop
dat hy die Zwavelpoortspruit se berugte vloedwaters sal kan hanteer.

|
|