Iemand gaan seerkry Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 15 October 2009 22:52
Untitled Document

Magda Knowles skryf:
Goeie dag aan julle puik mensies. Ek wil net my opinie uitspreek oor die gehawende toestand wat die Boschkop 2 grondpad in is. Die trokke wat bouwerk doen skiet deur op die grondpad dat jy net klippe sien spat en die klein bruggie gaan dit een van die dae nie meer kan hanteer nie.

Ons sukkel om te ry op die pad en ek dink dit is so onregverdig dat ons die pad moet gebruik wat in so ’n skokkende toestand is en niemand doen iets hieraan nie. Ons lewe nie meer in die 17de eeu nie. Waar is die boere wat altyd sê: “Ek sal nie dit duld nie.” Hulle aanvaar deesdae net alles, want dit is te veel moeite om ’n foon op te tel en om te bel en te kla.

Hoe gaan dit dan gedoen kan word? Wie is bereid om op te staan en te sê, weet julle wat; kom ons maak ’n verskil en kry die staat om dit te kom regmaak of hierdie maatskappye met hulle trokke wat ons ruite stukkend slaan met klippe wat opskiet.

Om nie eers te praat van Grahamweg nie. Iemand gaan nog baie seer kry met die gate en die toestand wat die pad in is. Die trokke snel verby teen top spoed en . . . nie tot iemand dood is nie, sal daar iets gedoen word.

Ek vrees vir daardie dag. Ek het nou een kar verloor as gevolg van klippe wat in die pad gestort word deur die trokke by die ‘quarry’ en het net mooi genoeg gehad. Kan julle ’n artikel doen oor die toestand van die grondpad en die pad verby Star Trading, want iemand gaan seerkry.

 

© 2020 Die/The Bronberger