Ek verlang na julle Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 15 October 2009 22:53
Untitled Document

Theresa, voorheen van Bronberg Lodge, skryf:
’n Groot sôrrie dat ek nie die funksie op 5 September kon bywoon nie. Soos julle weet bly ek in Karakaroer. Ha-ha. Weens omstandighede kon ek dit nie bywoon nie. Maar my hart het geklop van teleurstelling en verlange. Julle almal bly altyd in my hart. Ek mis ons tye saam. Erg. Oemfaan, ek stuur altyd kliënte hier van Karra af Bronberg toe.

Want wat sê Piet Metal altyd? Die waarheid sal die waarheid wees. En Bronberg Lodge se kos en atmosfeer bly bakgat. Francois en Salome, ’n groot spesiale soen vir julle. Julle is pelle duisend. Altyd daar. Aan almal wat verjaar het in September, soos Martha altyd sê: Happy, Happy!

Ek bly altyd op hoogte van wat in ons omgewing gebeur deur Die Bronberger.

 

© 2020 Die/The Bronberger