Mooiplaats-inwoners vrees dat
’n beoogde oorhoofse kraglyn
van nege kilometer lank,
verwoesting op hul plotte gaan saai.
Renell van Staden van Mooiplaats
sê dit is met skok dat hulle verneem
het van dié kraglyn wat beplan
word. “Hierdie lyn sal dig voor ons
grasdakhuis verbyloop en ons huis
sal heel waarskynlik gesloop moet
word,” sê sy.
’n Serwituut van 31 meter wyd
word benodig vir dié oorhoofse
kraglyn wat oor die volgende plotte
gaan loop: Gedeeltes 2, 19, 41, 42,
44 en 45 van die plaas Zwartkoppies
364 JR en gedeeltes 115, 116, 165,
168, 171, 172, 204, 205, 206, 207,
223, 336, 354 en 367 van die plaas
Mooiplaats 367 JR.

?n Nege kilometer lange oorhoofse kraglyn word van Hatherley tot
Mooiplaats beplan
Substasie
Die Tshwane Metroraad se Openbare
Werke en Infrastruktuurontwikkeling,
Energie en Elektrisiteitafdeling
het aansoek gedoen by die
Gautengse Departement Landbou
en Landelike Ontwikkeling om dié
132 V oorhoofse kragkabel te installeer
vanaf die Wildebees substasie
by Hatherley tot die voorgestelde
een hektaar Mooiplaats
substasie.
Dié projek word aangepak omdat
die Tshwane Metroraad nodig het
om die 132 kV elektrisiteitsubstasienetwerk
van die ooste van Pretoria
na die noorde, tot by Roodeplaatdam,
te versterk om voorsiening te
maak vir die krag wat nuwe ontwikkelings,
veral in die ooste, nodig
gaan hê.
Die Mooiplaats substasie sal nuwe
ontwikkelings, nie verder as 4 km
van die stasie af nie, bedien. Daar is
geen primêre 132/11 kV substasie in
dié gebied nie en krag word tydelik
voorsien van die Wapadrand substasie
met 11 kV oorhoofse kraglyne.
Benadeel
Renell maak beswaar daarteen dat
“hierdie onooglike omgewingsbesoedeling
beplan word om nuwe
ontwikkelings van krag te voorsien.
Dit is weereens ’n geval waar gewetenlose
ontwikkelaars en owerhede
saamspan en die omgewing en sy
mense ernstig benadeel,” sê Renell.
“Ons het reeds as beswaarmakers
geregistreer en doen ’n beroep op
grondeienaars in die omgewing om
dieselfde te doen. As genoeg mense
kapsie maak, sal hulle moet oorweging
skenk om na alternatiewe
roetes en metodes te kyk.”
Probleme
Seedcracker Omgewingskonsultante
is aangestel om die omgewingsimpakstudie,
wat die openbare deelnameproses
insluit, te doen.
Probleme wat aangespreek word,
sluit die volgende in: potensiële
oppervlakwaterbesoedeling, grondversteuring
en besoedeling, gronderosie,
geotegniese stabiliteit,
impak op die diere en plante, habitatversteuring
of -verlies, veiligheid,
gesondheid en sekuriteit, die impak
op terreine van historiese waarde,
visuele impak en die kwaliteit van
lewensomgewing.
Alternatiewe roetes en terreine vir
die substasie en toringstrukture sal
in die studies aangespreek word.
Beswaar
Inwoners wat teen die oorhoofse
kraglyn en Mooiplaats substasie
beswaar wil maak, moet voor 26 Oktober
registreer as belanghebbende
partye. Om te registreer, kontak
Stephanie Webber van Seedcracker
Omgewingskonsultante by tel
082-626-4117, faks 086-518-4885,
e-pos
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of
stuur ’n brief na Posbus 12460,
Clubview, Centurion, 0014.
Belanghebbende partye word
uitgenooi om ’n openbare vergadering
oor die voorgestelde kraglyn by
te woon op 26 Oktober by Kitty
Hawk op die Boschkoppad van 6 nm
tot 8 nm. Alternatiewe roetes en die
noodsaaklikheid van die kraglyn sal
op die vergadering bespreek word
en belanghebbende partye word
uitgenooi om hul menings te gee en
besware te opper. |