Pienaarsrivier eis lewe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 20 February 2008 02:00
Untitled Document

‘n Man is dood toe vloedwater hom meegesleur het by die Pienaarsrivier-laagwaterbrug op die Mooiplaatspad.

Geoffrey van der Byl van Faerie Glen het op Woensdag 23 Januarie omstreeks 4 nm uit sy motor geklim om ’n boomstomp uit die pad te verwyder, toe hy meegesleur is.

Volgens Insp. Sipho Mabena, Boschkop-polisiewoordvoerder, het ’n “ou man wat ook oor die brug probeer ry het, gesien hoe die stroom Geoffrey intrek en hy het die polisie ontbied”. Insp. Proppie Louw van die polisie se duikeenheid het gesê hulle het kort ná die voorval by die toneel opgedaag, maar die water was te gevaarlik vir hulle om in te gaan. Geoffrey se lyk is twee dae later gevind.

Geoffrey en sy vriend van die afgelope nege jaar, Donovan Wagner, was van plan om ’n boetiek te gaan open in Kaapstad. Geoffrey het op die Mooiplaatspad gery omdat hy by sy pa, Philip, se vriendin, Marianne Dye, was om te hoor of Marianne petrol-geld gehad het. Sy sou Geoffrey die volgende dag lughawe toe geneem het.

 

© 2019 Die/The Bronberger