Kersmark ten bate van outisme Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 15 October 2009 23:45
Untitled Document

Die jaarlikse Unica Kersmark ten behoewe van individue met outisme word vir die 24ste agtereenvolgende jaar vanaf 30 Oktober tot 8 November aangebied.

Vanjaar is die mark tien dae langer as gewoonlik oop; daagliks van 9 vm tot 9 nm, en op Sondae tot 5 nm. Dit word gehou in die Rembrandtsaal, LC de Villiers Sportstadion, Universiteit van Pretoria, Suidstraat, Hillcrest.

Voorraad word daagliks aangevul met gekeurde handwerk van meer as 200 uitgesoekte uitstallers. Die mark bied ’n geleentheid om ’n besonderse Kersgeskenk vir iemand te vind, teen ’n billike prys. Die teetuin staan gereed met verversings en die saal is geskik vir persone met gestremdhede. Daar is volop veilige parkering.

Dié Kersmark is Unica se enigste jaarlikse fondsinsamelingprojek. Die fondse is van uiterste belang vir die voortbestaan en voorsiening van onderwys en verwante dienste aan individue wat met outisme spektrum stoornisse geaffekteer is.

Outisme is ’n spesifieke, redelik rare vorm van gestremdheid wat die persoon se interaksie en kommunikasie belemmer. Ander kenmerke sluit stereotipiese gedrag en gedagteprosesse in. Mense met outisme benodig gespesialiseerde onderrig en terapie om onafhanklik te kan lewe.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger