Plaasfees op Willem Prinsloo se werf Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 15 October 2009 23:49
Untitled Document

Elsabé Maré

Op 12 September het dit weer gedoef en gedreun by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die ou Bronkhorstspruitpad toe die manne van die Hoëveld, Veteraan Trekker- en Enjinklub hulle handewerk uitgestal het.

Dit was nie maklik om dié Lanztrekker se enjin aan die gang te kry nie. ’n Gasbottel is gebruik om die silinderkop warm te maak voordat dié ou bul kon loop dat die stoom so by sy skoorsteen staan.

 

© 2020 Die/The Bronberger