Kyk hoe mooi is ons kontrei Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 18 November 2009 08:07
Untitled Document

Sarie en Dries Herbst (groen skerpioene) van Bashewa skryf:
Met so ’n mooi Bronberg-gebied om in te woon is alles net ’n plesier om te geniet en basta met irritasie. Los dit vir die munisipale dienslewering en belastings vir geen dienste nie. Hulle wil seker ook lewe? Vergeet dit vir eers tot later.

Alles is groen en pragtig en ons word geseën met reën, pragtige tuine vol kleur, vrugtebome wat kraak onder die gewig van die vrugte, struike van pers reën, Banksia grandis kerse vir Kersfees, rose, prag blomme, kleure en geure om te geniet en te waardeer.

’n Tyd van sierlike kleurvolle matriek afskeide. Lewe is ’n realiteit sonder ’n uitveër. Niks in die toekoms sal regmaak die oomblikke wat jy nou verloor nie. Leef asof die aarde die paradys is.

Kyk na die blink kant van die lewe. As jy dit nie sien nie, soek en glo. Dit sal jou kant toe kom. Vergeet die mense van wie jy nie hou nie en fokus op hulle wie vriende is en die pad saam met jou loop.

Genade oneindig groot.

 

© 2020 Die/The Bronberger