Probleem met onwettige bewoners op plotte Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 18 November 2009 08:08
Untitled Document

Johann de Jager skryf:
Ons trek Klein Karoo toe. Daar is DV nog net een maand oor voor ek daar op die plaas sal wees. My gesin is alreeds weg daarheen. Ek maak nog net huis reg sodat dit verhuur of verkoop kan word.

Intussen het ek nou probleme met onwettige bewoners op my plotte 155 en 158 te Zwavelpoort. Etienne Schoeman het met my in verbinding gekom daaroor en ek is omtrent nie meer hier nie.

Kan julle dalk enige advies gee oor manier en metode om sulke mense daar weg te kry, aangesien hulle nou ook buitelanders daar begin huisves en drank verkoop en geraas maak. Ek wil darem nie graag van Zwavelpoort afskeid neem in wrywing met my bure nie. Groete en dankie vir die jare se meeleef aan dinge van gemeenskaplike belang. En ja, ook die twee plotte sal seker maar nou in die mark moet kom. Dalk doen iemand by julle navraag.

As iemand dalk kan help om die probleem met onwettige bewoners op te los of wil navraag doen oor die twee plotte, kontak asseblief Die Bronberger se kantoor by 012-996-1170 of 012-940-0085 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2020 Die/The Bronberger