Hulle hou ons paaie in stand PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 18 November 2009 08:09
Untitled Document

Gelukkige padgebruiker van Mooiplaats skryf:
Die instandhouding van ons grondpaaie word mos, soos almal weet, nooit deur Kungwini plaaslike munisipaliteit gedoen nie.

Hier op die Rhenosterfontein/ Mooiplaats paaie is ons plotbewoners so gelukkig om vir Jan Botha, Jaco Kruger en Janes Teessen (die drie J’s) as ploteienaars te hê wat hierdie paaie op eie onkoste, eie tyd, met eie toerusting vir ons almal in ’n goeie toestand hou.

Sommer ook natspuit wanneer die stof te veel raak. Wat ’n bederf. Baie, baie dankie buurmanne. Julle werk word werklik waardeer.

 

© 2019 Die/The Bronberger