Dis tyd vir die Nickel Kersmark |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 November 2009 08:14 |
Untitled Document
Die Nickel Kersmark word vanaf
4 tot 17 Desember van 9 vm
tot 6 nm by die Paul Jungnickelhuis
gehou.
Daar is 200 uitstallers wat handgemaakte
items verkoop en die mark
is ook oop op Sondae.

Die Nickel Kersmark is vir die eerste
keer in 2001 begin en is een van die
Paul Jungnickelhuis vir gestremdes
se grootste fondsinsamelingsprojekte.
Die mark se doel is om fondse te
genereer vir die 138 volwasse gestremde
persone in die tehuis. Dit is
ook ’n werkskeppingsgeleentheid
vir werklose mense om opgelei en
aangemoedig te word om handgemaakte
items te maak. Die mark
dien as platform om dié produkte te
verkoop.

Die Paul
Jungnickelhuis
ontvang net
35% van sy
inkomste in
die vorm van
’n staatsubsidie
en daar
was die afgelope
drie jaar
geen verhoging
in subsidie
nie. Dit
beteken dat
die tehuis op staatsubsidie drie etes
per dag per persoon uit R7 moet
probeer kry.
Jou ondersteuning van die Kersmark
kan ’n groot verskil aan dié
werklose mense en volwasse gestremdes
se lewens maak.

Kredietkaarte, Koopkrag en Pretorium
Trust is welkom en daar is ’n
teetuin vir asemskep tussen inkopies.
Die Paul Jungnickelhuis is op plot
214, Zwavelpoort. Ry reguit oos met
Lynnwoodweg-verlenging en jy sal
die tehuis slegs 4,5 km vanaf Hans
Strijdomrylaan kry. Voldoende veilige
parkering is beskikbaar.
Vir meer inligting kontak
Daleen Botes by
012-809-0020/1 of besoek
www.kwo.org.za |
|