Mooikloof sterretjie skitter op ys Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 18 November 2009 08:22
Untitled Document

Mooikloof se wêreldkampioen kindersangeres, Son-Isha Coetzee, het nou ’n goue trofee op die ysbaan verwerf. Son- Isha het in Februarie vanjaar begin yshokkie speel vir die Warriors-klub se onder 14 span. Hulle het onlangs Noord-Gauteng kleure gekry en die goue trofee gewen as algehele wenner in Suid-Afrika.


So lyk Son-Isha deesdae

In Oktober 2005 het Die Bronberger berig dat Son-Isha, wat toe sewe jaar oud was, vir haarself ’n wêreldtitel los gesing het in Los Angeles, Amerika by die Internasionale Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste waaraan 22 lande deelgeneem het.


Son-Isha is nommer ses, en daar is net twee meisies in die span, die 11-jarige Son-Isha en 14-jarige Nicole

Sy het die meeste en hoogste medaljes in die vyf-tot-sewe-jaar internasionale vokale kategorie verower, wat van haar ’n wêreldkampioen in dié kategorie gemaak het.

Son-Isha het haar eerste CD, “You’re my star / Jy’s my ster’, in Mei 2006 bekend gestel. Intussen het sy nog twee CD’s en een DVD, ‘Oppad met Son-Isha’, wat haar verhoogoptredes vertoon, uitgebring.


Die sewejarige Son-Isha soos sy in Die Bronberger se Oktober 2005 uitgawe verskyn het

Haar optredes bestaan uit opgewekte liedjies vir kinders van haar ouderdom. Son- Isha het haar eie orkes, waarin haar jonger boetie, Adal-Son, kitaar speel.

 

© 2020 Die/The Bronberger