Wat doen die munisipaliteit met Achillesweg? PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 10 December 2009 17:39
Untitled Document

Ontnugter van Zwavelpoort skryf:
Die lagie gruis wat Kungwini tans oor Achillesweg strooi en rol na ’n vinnige skraap, het ons almal in die omgewing opgewonde gehad met die vooruitsig dat dit geteer gaan word.

Nou wil gerugte dit hê dat dit die finale produk is, en ek stuur graag foto’s van hoe dit ’n week na die eerste goeie reënbui gelyk het. Vol gate wat elke dag groei. Waar ek baie in die omgewing rondbeweeg is almal nog hoopvol dat hierdie net ’n voorbereiding is vir iets meer deeglik.

Die waterafleibane skep weer daardie hoop, maar die lukraak manier waarop dit gedoen word en sonder behoorlike staalversterking in, laat die hoop op langer termyn beplanning deur ons munisipale owerhede vervaag.

Ek is betrokke by residensiële ontwikkelings in die omgewing en is bewus daarvan dat ontwikkelaars wel grootmaatdienstebydraes vir die opgradering van Achillesweg betaal het.

Ons hou asem op en hoop dat ook deur die steun en stem van Die Bronberger die belangrikheid van behoorlike opgradering van paaie in Zwavelpoort regtig dringend essensieel is aangesien dit baie vinnig ontwikkel en bydraes tot die munisipale kas gemaak word.

 

© 2019 Die/The Bronberger