Cullinan se Gekombineerde Skool is gemaak ?na die maat van liefde' PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 10 December 2009 16:28
Untitled Document

Elsabé Maré

Die gekombineerde skool Cullinan is 105 jaar oud en sy geskiedenis is nou verweef met dié van die dorp en myn.

Die eerste klasse was in ’n markiestent, geleen deur die Presbiteriaanse Kerk, wat op die ‘Rec’ Klub se gronde opgerig is. R S Carruther was die eerste waarnemende hoof en sy huisvesting was ’n tent langs die markiestent. Hy het sy eerste klas op Donderdag 30 Julie 1904 met 34 kinders begin, voertaal Engels.


Die ? Rec? Klub waar leerlinge in die saal, met afskortings, en twee klaskamers skoolgegaan het

Die uiterste hitte, koue, wind en hael rondom dié tent het ouers laat kla dat leerling met swak gesondheid nie daar kan skoolgaan nie. Die skaars skoolvoorraad is telkens ook deur die gure weer verniel of selfs vernietig.

Net soos die dorp, het die skool sy ontstaan aan Thomas Cullinan te danke, wat as deeltydse prospekteerder noordoos van Pretoria gehoor het van die kinders op plase wat met groot wit klippe speel. Teen 1902 het hy daarin geslaag om ’n gedeelte van die plaas Elandsfontein op sy naam geregistreer te kry.


Skoolinspekteurs Klooster en Lighterwood besoek die skool met ?n perdekar

Deur sy dryfkrag spring die myn in werking en die blougrond rol die diamante uit. ’n Direksie van die Premier Syndicate Ltd word gestig en Thomas is voorsitter tot in 1923. Vir dié dienste is hy in 1910, met die totstandkoming van die Unie van SA, tot ridder beslaan deur Koning George V.

Soos die diamantmyn gegroei het, het die bevolking gegroei en blyplek, ’n skool, winkel, hospitaal, en ander nodige dienste moes deur die maatskappy ontwikkel word. Thomas en sy vrou was die stukrag agter dié ontwikkelings.


?n Skoolbank uit 1908

‘Rec’ Klub
Op 8 Oktober 1904 is AE Underworth aangestel as hoof van die eerste skool. Die leerlinge gaan in 1905 skool in die ‘Rec’ Klub. Die saal is met afskortings geskei en daar is twee aangrensende klaskamers beskikbaar. Die tuin is ontwikkel en daar was 141 leerlinge en drie onderwysers.

Die feit dat die ‘Rec’ Klub ook die myngemeenskap se ontspanningsaal was, het soms tot ontwrigting gelei, veral op Maandagoggende as alles weer ingedra, reggeskuif en die inkpotte weer teruggesit moet word.


Die ou skoolgebou het vir ?n hele paar jaar verlate op ?n straathoek gestaan

Siektes soos kinkhoes, waterpokkies, Duitse masels, bilharzia, masels en die Groot Griep van 1918 het ’n afname in skoolbywoning tot gevolg gehad. ‘Martjie Louw’, die volksmondverbuiging van ‘martial law’, is in 1914 met die Eerste Wêreldoorlog afgekondig oor die staking by die myn, en het kinders ook laat wegbly van die skool af.


Cullinan-inwoners vertrek na die oorlog

Groot storms, haelbuie en bitter koue weer in November 1908 het kinders by die skool vasgekeer tot die watervlak gesak het. In die koue was die saal te groot om warm te hou en dan moes kinders tuis bly. In 1933 sluit die myn weens die wêreldwye resessie. In 1938-1941 voel die skool die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog en soldate wat moes gaan veg. Maar die skool gaan aan, al wissel die getalle. Selfs voedingsprogramme is vir skoliere ingestel.


Die Premier Mynmaatskappy se 1904 direkteure

Afrikaner
Die skool se voertaal was hoofsaaklik Engels, maar in 1911 word dit ’n parallel medium skool met groter voorkeur vir ‘Dutch’. In 1916 is daar sterk aandrang vir Afrikaanse onderrig en in 1920 is toestemming verkry om die kinders amptelik op te deel in twee taalgroepe. Nou word die eerste Afrikaanse Skool aangebied in die eerste NG Kerk naby die myn se hoofingang. Vandag is dit die Lewende Woord Kerk.


Cullinan SekondÍre Skool vandag

In 1926 betrek die Afrikaanse leerlinge hulle nuwe skool, die Afrikaner Skool bo in Oaklaan, maar gou is dit te klein, want die skole van Tweefontein en Brandbach sluit en hul leerlinge kom na Cullinan. Daar is geen elektrisiteit nie, en die klavier het ’n uitstaande bedrag van £7. In 1928 maak die skool weer van die kerksaal gebruik omdat die leerlinggetal nou 242 is.


Embleem van die skool in Oaklaan

In dié tyd besoek Louis Leipoldt die skole as mediese inspekteur, maar ook as Afrikaanse digter. Hy ondersoek die belangrikheid van letterkunde in skole se taalonderrig tot 1922. In 1926 besoek die twee inspekteurs Klooster en Ligterwood die opening van die Afrikaner Skool wat deur die Administrateur van Transvaal, mnr Hofmeyer geopen is. Vroeër moes die inspekteurs met ’n perdekar ry, maar nadat die myn die spoorlyn van Rayton tot Cullinan verleng het, kon hulle trein ry.

Saamsmelt
In 1935 besluit die skoolkomitee dat die Afrikaanse en Engelse Medium skole kan saamsmelt. Op 2 Augustus 1938 is die Engelse en Afrikaanse skoolopenings vir die laaste keer apart waargeneem. Daarna is die leerlinge amptelik van die Afrikaner Skool oorgebring na die skool in Zonderwaterweg, toe bekend as die Cullinan Goewermentskool.


Afrikaner Skool, 1926, vandag in Oaklaan

Die Cullinan Gekombineerde skool bestaan vandag nog in dié gebou waar die hoof, Gert Swart en die sekondêre adjunkhoof, Etienne Rossouw is. Dit is hier waar die sekondêre afdeling gehuisves word.


Cullinan Laerskool, st 5 klas 1946

Die gebou waarin die Afrikaner Skool was, is nou die junior afdeling met graad een tot drie onder die sorg van die departementshoof, Joggie Griesel. Die Dorpskool, so genoem omdat ’n muur hulle skei van ’n baie besige deel van dorp, is onder die sorg van Juanita Gregory as adjunkhoof vir die junior fase.


Cullinan Laerskool, 1945 st 5-groep reŁnie

Graad vier tot sewe word hier gehuisves. Die grondslagfase, graad nul, is in Unionweg met twee onderwysers. Soos die skool van toet streef die skool van vandag na uitnemendheid van skoolonderrig, betrokkenheid met die leerling en doeltreffende skakeling met ouers. Met die skool se honderdjarige bestaansjaar skryf skoolhoof, Gert Swart: “Die skool is gemaak na die maat van liefde en ons word gemeet volgens ons gestaltes. Elkeen moet na sy talent groei.”


Sewe hoofde in die honderdste herdenkingjaarblad in 2004

 

© 2019 Die/The Bronberger