Wortel van die kwaad PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 21 January 2010 10:35
Untitled Document

Eduard Heyns skryf:
Ja, ’n mens lees so van die “crime” oral deesdae en almal kla, maar ek wonder maar net hoeveel van ons sit regtig twee en twee bymekaar oor onse omgewing en al sy onwettige immigrante.

Hoeveel van ons verskaf werk aan die “onwettiges” want hulle is mos goedkoper. So ja, iemand byt aan die spit. Die man van Suid-Afrika wat nou werkloos is, want hy is mos nou te duur. Nou wat moet die man van SA dan nou doen om te eet? Roof en steel miskien?

Of die ander “onwettige” wat gehoor het van die lekker lewe die kant wat nou nie werk kry nie. Nou wat doen hy nou? Roof en steel miskien? Word wakker, mense en hou op om mense wat jy geen rekord van het nie in diens te neem. Hoe weet jy dis nie dalk ’n “convicted criminal” wat by jou kom werk nie?

En ja, dis so jammer dat sekere plotte gebruik word om hordes mense op te huisves teen geldelike gewin met geen of nie genoegsame ablusie geriewe nie. Jy is selfsugtig, meneer, dat jy nie eers jou bure respekteer nie deur jou hebsug. Ons moet maar die lawaai en later bakleiery verduur op Sondae as die drank begin vloei.

O ja, en dit help ook nie eers om die polisie se hulp in te roep nie al word daar sluikkroeë op plotte bedryf. Die drank is natuurlik aangekoop vanaf al die lokale winkels waar die bakkies vol gelaai word op naweke.

Sekere beamptes loop blykbaar hand uitgehou vir die “bribes” vanaf die “onwettiges”, hoor ’n mens maar so op “grass roots level”. R300 en jy hoef nie te “worry” oor die papiere nie, is glo die storie. Ja, so ek wonder maar net.

 

© 2019 Die/The Bronberger