?n Vraag vir dr Liesel PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 21 January 2010 10:39
Untitled Document

Isie Bron van Rayton skryf:
Na aanleiding van dr Liesel van der Merwe se rubriek in Die Bronberger, Desember 2009 die volgende: Ek het ’n toypom reun, nou 10 jaar oud. Hy ry orals saam maar onlangs (ongeveer twee maande gelede) het hy ontsaglik begin hyg na sy asem en ek het hom veearts toe geneem in Rayton.

Dr Lademan het hom gediagnoseer met asma, brongitis en ander verwante siektes. Hy het hom ingespuit en pilletjies gegee, een per dag wat hy permanent moet neem.

Hy was vir ’n rukkie beter maar dit word weer baie erg. Die pille maak hom ook verskriklik hardlywig. Die veearts se hy gaan dit nie ontgroei nie want dit is erg as gevolg van die vogtigheid in die lug en ek is selfs te bang om hom te bad. Hy het gereeld na die ‘doggy parlour’ hier gegaan.

Kan jy my dalk help? Bel my by 083-291-0805.

 

© 2019 Die/The Bronberger