In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Kyk net die kordate houding van dié witpenssuikerbekkie
Foto: Albert Bester

Nimue Fletcher het dié protea van naderby bekyk

“Lugstrepe,” sê Eus de Clerk oor dié wolkfoto wat hy geneem het

Die son sak oor Kiewietlaan, Kleinfontein
Foto: Annette Erasmus

Donkerhoek, op die einde van die voorbrand
Foto: Willem Otto

Emma Koekemoer stuur dié sagte pienk blomme vir Bronnie-lesers

Nadine Minnaar sê dat haar ma, Ester, dié foto met sonsopkoms op Tierpoort geneem het voor hulle met die perde se skoudag begin het

Emma Koekemoer het dié sonsopkoms-oomblik verewig

Roma, die kietsiekat, geniet die wintersonnetjie
Foto: Naomi Niewoudt

Die son sak oor Zwavelpoort
Foto: Elaine Groenewald Hope

“Elke dag kan mooi eindig, maak nie saak wat gebeur nie,” sê Emma Koekemoer

Laatmiddagwolke oor Welbekend
Foto: Coenie Henry

Die son sak oor Cullinan
Foto: Nimue Fletcher

Aalwyne by die Diamond Hill tolhek-kantoor
Foto: `Alet Erasmus
|