Koekbakker was vader van eerste Kersklapper Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 12 December 2024 16:00
Untitled Document

Kreunende Kersfees-tafels word reeds 170 jaar lank met ’n Kersklapper langs die bord gedek. Die knal van vandag se trekklappers volg in die voetspore van ’n tradisie wat vir die eerste keer in 1847 deur Tom Smith, ’n troukoekbakker van Clerkenwell in Londen, begin is.


Tom Smith
Bron: Daily Mail

Tom het die idee in 1840 met ’n besoek aan Parys gekry toe hy gesien het hoe die Franse bon-bons in strikpapiertjies toegedraai het.


’n Oorspronklike stel van Tom Smith se ‘Bank of Love’ Kersfeesklappers wat in die Victoria en Albert-museum in Londen uitgestal word
Bron: Daily Mail

Terug by die huis het Tom bon-bons begin maak en toe hy agterkom dat jong mans dit vir hulle meisies koop, het hy liefdesboodskappies daarin begin sit en die omhulsels al hoe meer spoggerig begin maak. Later het hy allerhande geskenkies in die omhulsel begin sit en mense het dit vir Kersfees begin koop.


Tom Smith se katalogus van 1903
Bron: The Kathleen Kimpton Collection


Die voorblad van Tom Smith se 1928/1929 katalogus
Bron: The Kathleen Kimpton Collection

Tom het dié rolletjies in klappers omskep deur ’n smal strokie salpeter aan twee dun stukkies karton vas te plak. As die kartondeeltjies van mekaar afgetrek word, is daar wrywing met die gevolglike klapgeluid. Dié proses word vandag nog gebruik.


Tom Smith se Kersklappers is in dié soort verpakking verkoop
Foto: Guernsey Donkey

Teen 1880 het Tom se maatskappy meer as ’n honderd klapperontwerpe geproduseer en teen 1900 het hulle al meer as 13 miljoen klappers verkoop.

 

© 2025 Die/The Bronberger