Ons draai die horlosie honderd jaar terug Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 12 December 2024 16:00
Untitled Document

Ons draai die horlosie terug tot by Desember 1924 en deel ’n paar interessante en wetenswaardige brokkies – plaaslik en wêreldwyd – met lesers. Ons kyk onder andere ook na daardie seisoen se baaibroeke, dansers, Kersgeskenke, sportspanne, mouterkarre en Kersfees-advertensies.

Koalisie
Toe Kersfees in 1924 aanbreek, was die land vir ses maande reeds onder Suid-Afrika se heel eerste koalisieregering. Generaal Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party (die Sappe) het die algemene verkiesing op 17 Junie verloor.



Generaal JBM Hertzog
Bron: Wikipedia



Kolonel Frederic Hugh Page Creswell
Bron: Wikipedia

Generaal JBM Hertzog van die Nasionale Party en kolonel Frederic Creswell van die Arbeidersparty het ’n verkiesingspakt gesluit ingevolge waarvan die partye nie mekaar se kandidate in ’n algemene verkiesing sou teenstaan nie, maar eerder die Sappe sou beveg. Generaal Hertzog het eerste minister geword, ’n pos wat hy tot 1939 beklee het.

Troudag
Die man wat later die eerste staatspresident van Suid-Afrika sou word, CR Swart, het op 2 Desember 1924 met Cornelia Wilhelmina (Nellie) de Klerk van Kanneboskroon in die Winburg-distrik getrou. ’n Seun en ’n dogter is uit dié huwelik gebore en die egpaar het ook ’n dogter aangeneem.

CR Swart het in 1934 by die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP) onder dr DF Malan aangesluit, omdat hy die samesmelting van JBM Hertzog se Nasionale Party en Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party teengestaan het.



Charles Robberts (Blackie) Swart en sy vrou, Cornelia Wilhelmina (Nellie), ’n nooi De Klerk
Bron: reddit.com

Hy was van 12 Januarie 1960 tot 30 April 1961 die negende en laaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Vanaf 31 Mei 1961 was CR Swart vir ses jaar lank die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy was die enigste mens wat beide goewerneur-generaal en staatspresident was.

Met ’n verskil


Só ry mense hulle mouterkarre skoon
Bron: Underwood Archives / Getty

‘Auto Wash Bowl’ lees die bord wat wys wat hier gedoen word. Twee mouterkarre op ’n slag kon deur dié ‘wasbak’ ry om die modder en stof van hulle wiele en asse te was. Dié nuwe skoonmaakmetode is op 20 September 1924 in Chicago, Illinois bekendgestel.


Waar is die dae toe skoenpoetsers ’n algemene verskynsel was? Dié jong skoenpoetser is op
25 Julie 1924 in City Hall Park, New York City afgeneem
Bron: Lewis W. Hine / Buyenlarge / Getty


Lede van die ‘Follies’ het in 1924 by die New Moulin Rouge Revue in Parys geseëvier. Van links na regs: Nina Byron; Sybil Wilson; Ruth Fallows; Helen MacDonald; Grace Girard; en Yvonne Hughes
Bron: Bettmann / Getty


Benito Mussolini word in 1924 met sy troetel-leeuwelpie, genaamd Ras, in sy arms rondgery
Bron: Keystone / Getty


‘Alles per Radio’, deur Gustav Beer en Karl Farkas, was die naam van die opvoering wat ‘The Radiogirls’ in 1924 in Ronacher, Wene aangebied het
Bron: Brandstaetter Images / Getty


Dié is die laaste foto van Britse bergklimmers, George Mallory en Andrew Irvine. Die foto is by die basiskamp in Nepal geneem toe hulle reggemaak het om die berg Everest in Junie 1924 uit te klim. Hulle het op die berg verdwyn en George se liggaam is eers in 1999 gevind
Bron: Associated Press / AP


Besoekers kyk heel kalm hoe Hawaii se Kïlauea-vulkaan op 22 Mei 1924 by die
Halemau ‘ma’u krater uitbars
Bron: Tai Sing Loo / NPS / Hawai'i Volcanoes National Park


X-Mas Bazaar in die kelder, lees dié bord wat in 1924 in Johannesburg afgeneem is. Die foto is gesamentlik deur die Johannesburgse stadsraad en die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawe-administrasie uitgereik
Bron: Lost Johannesburg


Dié mouterkarre is in 1924 by Saker & Co in Johannesburg afgeneem
Bron: liblibrary.phila.gov


’n Groepfoto van personeel en standerd 1 leerlinge van die Lagere Oost-Eind School, Pretoria in 1924. Agter, links na regs: Mnr AK Bot; Betsie Visse; Ali Lansdor; Nora Haak; Arna Hoogland; Anna Mooi; Wilhelmina Lievaart; Loekie Hartman; en mev C di Gazar. Tweede ry van agter: Guus van Oostveen; Jacob van Tilburg; Herman de Vries; Simon van Dooren; Robert Williams; Albert Korthals; Jan Wulfse; Fanie Hulscher; en Leo van Gelder. Tweede ry van voor: Corrie Maas; Corrie Bischoff; Adriana Mokken; Totie Ligthelm; Jetje Schubart; Elly Bremekamp; en Frikkie Karels. Voor: Flip Wege; Louis Kruyshaar, Onbekend; Hendrik Hulscher; Henk Meter; Arie Ruyssenaers; en Willem Gerke 
Bron: salbu.co.za


Die Suid-Afrikaanse krieketspan wat in die 1924-seisoen in Engeland getoer het. Voor: Tommy Ward; Doug Meintjes; en Claude Carter. Middel: Sid Pegler; Mick Commaille; Herbie Taylor; Jimmy Blanckenberg; en George Hearne. Agter: Philip Hands; Bob Catterall; Cec Dixon; Fred Susskind; Buster Nupen; Nummy Deane: George Bissett; en Dave Nourse
Bron: boundarybooks.com – ’n poskaart wat deur C Smith uitgegee is


Die Suid-Afrikaanse Voetbalspan in 1924. Sittend: G Parry; en JR Hicklin. Middel: J Green,
G Hodgson; D Murray; HC Williams; en E Stuart.
Agter: A Skené; GW Brunton; AJ Riley; C Thompson; en EIE Howell
Bron: sportspages.com


Springbokrugbyspelers in die 1924 Britse toer van Suid-Afrika met die tweede toets in Johannesburg. Links: N Bosman; J Aucamp; M Bester; K Starke; PK Albertijn (kaptein); BL Osler; en DR Truter. Regs: PJ Mostert; TL Kruger; M Ellis; J van Druten; N du Plessis;
AP Walker; CS Payn; en FW Mellish
Bron: rugbyrelics.com


C
’n Kersboom met tipiese Kersgeskenke uit 1924
Bron: shorpy.com


Sjokolade en lekkergoed in ’n 1924 ‘Whitmans Sampler’
Bron: ebayimg.com


Kersversierings uit 1924
Bron: Montgomery Ward se 1924 katalogus


’n Ives trein-advertensie uit 1924
Bron: atticpaper.com


Whiting & Davis netsakkies uit 1924
Bron: witness2fashion.wordpress.com


’n Baaibroek uit 1924
Bron: Pinterest


’n Radioadvertensie in 1924
Bron: periodpaper.com


’n Hamilton-horlosie vir Kersfees 1924
Bron: wikimedia.org


‘En nou vir jou Kersfeesfoto’ – ’n advertensie wat op 3 Desember 1924 in die ‘Durham Morning Herald’ verskyn het
Bron: p3photographers.net


’n Advertensie vir Sheaffer-penne het op 1 Desember 1924 in ‘The Indianapolis News’ verskyn
Bron: newspapers.com

 

© 2025 Die/The Bronberger