Dwelms en Nigeriërs in die Bronberg-gebied gevind |
|
|
News -
Aktueel
|
Thursday, 21 January 2010 11:52 |
Untitled Document
Meenthuiskomplekse in Mooikloofrif
loop deur onder
misdaad soos dwelmmisbruik
en prostitusie wat deur
Nigeriërs beheer word.
Volgens polisiewoordvoerder, Insp
Marinda Stoltz, het Mooikloofrifinwoners
die polisie in Desember
gehelp om vier prostitute in die
kompleks aan te keer. Die prostitute,
tussen die ouderdom van
28 en 30 jaar, is in Nigeriese mans se
meenthuis gevind en is gearresteer
vir dwelmgebruik.

Inwoners van Mooikloofrif stuur
’n groen lig projek van stapel om
misdaad in die komplekse te
probeer beheer. Daar is ook nuwe
maatreëls ingestel om reëls en
regulasies te verskerp.
Insp Stoltz beplan om vroeg vanjaar
skole in die Bronberg-gebied te
besoek om kinders te waarsku teen
dwelms en om inligting uit te deel.
Vir navrae, kontak Insp Marinda
Stoltz by 079-695-1357,
084-811-9823 of 012-802-0909 of
stuur vir haar ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |
|