|
In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
 Só vat die natuur vlam op Witfontein Foto: Ursula Joubert
 Dié wolke word voor die wind uitgewaai Foto: Marinda Smal
 “Op my lelieblaar-vlot” Foto: Eus de Clerk
 `Alet Erasmus het dié sonsondergang oor Kleinfontein raakgesien
 Lelies wat elke jaar kleur aan die veld op Kleinfontein gee Foto: `Alet Erasmus
 Eus de Clerk sê dat dié anderskleurige sonneblom sommer maar ’n ‘spogblom’ genoem moet word
 Emma Koekemoer was weer op die regte tyd op die regte plek om dié toneel te verewig
 Die brose skoonheid van ’n roos met reëndruppels Foto: Albert Bester
 Venessa Lourens Nienaber het dié ongewone sebravul raakgesien
 Fanie du Plessis het dié olifantsore in die tuin van die Tierpoort kar-was raakgesien. Die plant is amper so hoog soos die steenmuur
 “Na ’n lekker storm en weerlig asook krag, wat soos normaal af is weens die weer, skyn die son in al sy glorie,” sê Ursula Joubert
 Na die reën is ons geseën met ’n pragtige reënboog oor Rayton,” sê Venessa Lourens Nienaber
 Droë takke word silhoeëtte voor die son se laaste strale Foto: Emma Koekemoer
 Emma Koekemoer kon net nie verby dié pragtige proteas loop nie – hulle moes afgeneem word
|